top of page

'n Sekuriteitsbeampte in die Vrystaat is vir moord in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 10
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het ‘n man vir moord in Vredefort in hegtenis geneem.


Polisiewoordvoerder Josephine Rani sê in 'n verklaring die verdagte is gevind waar hy na die oorledene gewys het, wat met skietwonde op die grond gelê het.


Die verdagte, wat vir ‘n private sekuriteitsmaatskappy werk, het die oorledene na bewering aangekeer vir die diefstal van koper. ‘n Worsteling het ontstaan, en die verdagte het verder beweer dat die oorledene probeer het om hom te ontwapen, wat tot die noodlottige skietery gelei het.


'n Voorlopige ondersoek toon dat die oorledene vir ‘n ander sekuriteitsmaatskappy gewerk het.


Die verdagte sal in die Vredefort-landdroshof op aanklagte van moord verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page