‘n Seun van 15 kry 43 jaar tronkstraf nadat hy ‘n skoolhoof vermoor het
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 28, 2024
- 1 min read
‘n Jong seun is tot 43 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n skoolhoof van Nongom. Dit is sowat 300 km noord van Durban gelee. Nuusflits berig die seun is skuldig bevind aan moord, diefstal, onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie asook roof met verswarende omstandighede. Die polisielede het die slagoffer se voertuig opgemerk en genader, voordat die bestuurder gevlug het. Die voertuig is later verlate gevind, en die verdagte het te voet probeer ontsnap. Die slagoffer se liggaam is kort daarna gevind met kopwonde en kneusplekke oor sy lyf. Die tienerverdagte is in hegtenis geneem, saam met die vuurwapen en ammunisie.





Comments