‘n Seuntjie wat glo ‘n plaaswerker doodgeskiet het se pa kry borgtog
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 14
- 1 min read
Die pa van ‘n 11-jarige seun wat glo ʼn plaaswerker doodgeskiet het, is op borgtog van R3 000 vrygelaat.
Maroela Media berig die 43-jarige pa het in die Thabazimbi-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van die nalatige hantering van ʼn vuurwapen.
Die saak is tot 12 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.
Intussen sal die kind ʼn assesseringsproses ondergaan in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Kindergeregtigheid.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die 11-jarige seun glo tarentale op die plaas geskiet het toe die vuurwapen per ongeluk afgegaan het.






Comments