top of page

'n Sewejarige Bloemfonteinertjie skryf haar eerste boek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 7
  • 1 min read

'n Sewejarige dogtertjie van Bloemfontein het haar eie boek geskryf en gepubliseer.

Klein Nontsikelelo Phume het met die idee vorendag gekom nadat haar ma haar na 'n besigheidskool vir kinders gevat het.

SABC News berig Phume sê sy het vir haar ma gesê sy wil 'n boek skryf, en haar ma het haar toe gehelp.

Die boek is op e-handelwinkels geplaas, en Phume vertel haar ma het dit daarna na boekwinkels ook geneem, en gevra dat dit in biblioteke ook beskikbaar gemaak word.

Phume is die outeur van Rainbow Business.

 
 
 

Comments


bottom of page