'n Skaapboer van Kroonstad is die nasionale Lamb Champ
- Ilde Roos

- Oct 19
- 1 min read
'n Skaapboer van Kroonstad in die Vrystaat, Hennie Jonker, is tydens ʼn spoggeleentheid by die Lamb Champs Alfa-dinee by Nampo Alfa in Bothaville as die Lamb Champs- nasionale kampioen gekroon.
Maroela Media berig dié geleentheid is ʼn viering van die beste lamsvleis en Jonker het vanjaar van op-die-hoef-evaluasie tot by die finale proe uitmuntend presteer.
Die uitvoerende hoof van die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), Francois Rossouw, sê die deelnemers se lammers het die mees omvattende beoordelingsproses in die geskiedenis van die kompetisie deurloop. Elke deelnemer het ook twee lammers vir die tradisionele spit by die dinee voorsien, waar drie onafhanklike beoordelaars die geur en sagtheid geëvalueer het – wat 50 punte van die finale telling uitgemaak het.
Jonker het ʼn kontantprys van R50 000 gewen, die prestigeryke bronstrofee deur die bekende beeldhouer Nic van Rensburg ter waarde van R80 000 ontvang, asook verskeie ander pryse wat deur die borge moontlik gemaak is huis toe geneem.






Comments