'n Skikking staak die verdere vervreemding van Naval Hill
- Saamgestel deur Jana Roos

- 4 minutes ago
- 1 min read
Die verkoop of verhuring van 153 munisipale eiendome in die Mangaung Metro mag nie voortgaan nie, na ‘n skikking wat buite die hof bereik is. Volgens AfriForum is ‘n interdik nou van krag wat enige verdere vervreemding van geskiedkundige terreine soos Naval Hill in die Franklin-natuurreservaat verhoed.
Luidens ‘n verklaring moet die munisipaliteit nou binne 15 dae bewyse lewer dat die regmatige proses wel gevolg is om dié eiendomme te vervreem. ‘n Raadgewer vir Plaaslikeregeringsake by AfriForum, Dalena Beyers, sê die skikking is ’n reuseoorwinning vir die bewaring van Bloemfontein se geskiedenis en die bevordering van billike plaaslikeregeringspraktyke.








Comments