‘n Skoolbus-ongeluk in die Vrystaat laat twee ernstig beseer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
’n Onderwyseres en ’n leerder is in die hospitaal ná ’n skoolbus van die Hoërskool Salomon Senekal naby Winburg omgeslaan het.
Volgens Netwerk24 was die leerlinge van Viljoenskroon glo op pad na ’n sporttoer toe die ongeluk gebeur het.
Polisie sê die voorval het op die N1 sowat 5 kilometer buite Winburg plaasgevind toe ’n vragmotor die skoolbus van agter getref het.
Die bestuurder van die bus het toe beheer verloor en die voertuig het gerol voordat dit tot stilstand gekom het.
’n Skoolkind en die onderwyseres het ernstige beserings opgedoen, terwyl ander passasiers vir skok en ligte beserings behandel is.
Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek, en ’n saak van roekelose en nalatige bestuur is geregistreer.








Comments