top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Slegte reuk lei Lindley-polisie na ontbinde liggame in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 2, 2025
  • 1 min read

Die polisie van Lindley in die Vrystaat het op twee ontbinde liggame, wat lyk soos ‘n volwasse vrou en in ‘n kind, afgekom, nadat klagte van ‘n skerp reuk en vlieë wat by ‘n venster uitkom by ‘n geslote huis by Ntha onvang is. Volgens ’n polisiemediaverklaring het konstabels die eienaar van die huis opgespoor, maar hy het geweier om toegang tot die huis te gee. Die oorledenes is moontlik ’n ma en dogtertjie van Mamafubedu naby Petrus Steyn, wat laas op 22 Desember gesien is toe hulle na Lindley gegaan het om die dogtertjie se pa te besoek. DNS-toetse en ’n nadoodse ondersoek sal help om die identiteit en doodsoorsaak te bevestig. ’n Dubbelmoord word ondersoek, en ’n verdagte verskyn môre op moordaanklagte in die Reitz-landdroshof.

 
 
 

Comments


bottom of page