top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Slimvaardigheidsentrum is in die Vrystaat bekend gestel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 31, 2025
1 min read

Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding en die Chemiese Nywerhede Onderwys- en Opleidingsektorowerheid (Chieta) het ‘n Slimvaardigheidsentrum in die Vrystaat bekendgestel.

Die sentrum is in Phutjaditjhaba. 

Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, het die hoofrede gelewer. Manamela sê die sentrum sal tegniese en beroepsopleidingsprogramme aanbied, aangesien dit as een van Suid-Afrika se ambagsopleidingsentrums geakkrediteer is.

Hy sê die sentrum sal ook kortkursusse soos sweiswerk, kodering en entrepreneurskap aanbied.

Manamela glo die sentrum sal die gemeenskap van broodnodige vaardighede voorsien.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page