‘n Smokkelsindikaat wat voertuigonderdele by polisiekantore steel en land uit smokkel is vasgetrek

Jun 7, 2025
1 min read
‘n Smokkelsindikaat wat glo voertuigonderdele by verskeie Kaapstadse polisiestasies gesteel het, is onderweg na die Beitbrug-grenspos deur die Limpopo polisie vasgetrek. Daar is beslag gelê op voertuigonderdele van meer as R3-miljoen waar onder ‘n enjin, stuurwiel, verkoeler en ander onderdele van ‘n gesteelde Ford Ranger gevind is. Onderdele van Sixty60-afleweringsmotorfietse is ook in verkeie dromme en ander houers gevind. Volgens Netwerk24 is vier buitelanders in hegtenis geneem en sal Maandag in die Polokwane Landdroshof op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere verskyn.








Comments