'n Snoeker-speletjie eindig tragies in 'n Vrystaatse taverne
- Ilde Roos

- Oct 14
- 1 min read
'n Snoeker-speletjie in ’n taverne in Ventersburg in die Vrystaat het tragies geëindig toe twee mans doodgeskiet en een in hegtenis geneem is.
Netwerk24 berig met beamptes se aankoms op die toneel het hulle die lyk van ’n man naby die ingang van die taverne aangetref, terwyl nog ’n slagoffer binne die kroeg dood gevind is.
Volgens voorlopige inligting het die mans snoeker gespeel toe ’n woordewisseling tussen hulle ontstaan het.
Daar word beweer dat die twee slagoffers die verdagte aangeval het, waarna hy die perseel verlaat het. Hy het glo kort daarna teruggekeer met ’n vuurwapen en die twee mans doodgeskiet.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag op twee aanklagte van moord in die landdroshof in Ventersburg verskyn.






Comments