'n Soek-en-red-organisasie vra dat 'n boek oor Joshlin Smith nie gepubliseer word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 28
- 1 min read
Die soek-en-red-organisasie Atlantis Search and Rescue vra dat ‘n boek oor Joshlin Smith se verdwyning nie gepubliseer word nie.
Die stigter en president van die organisasie, Monthany Hendricks, het ‘n petisie gestig om die boek te boikot. Sy sê die outeur wil nasionale trauma vir eie gewin uitbuit.
IOL berig Hendricks sê die hoeveelheid vermiste kinders is nie net ‘n statistiek nie, dit verteenwoordig regte lewens, regte pyn en families wat bid vir antwoorde.
Terwyl brawe individue en organisasies uit menslikheid na vore getree het, sê Hendricks die outeur van die boek, Greg Clifton, van die nie-winsgewende organisasie Pay It Forward, doen dit vir die roem en geld.
Sy voeg by dit is nie ‘n huldeblyk of bewusmaking nie, maar dat Clifton families se pyn as bemarking en inkomste wil gebruik.





Comments