top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Sonneblomkompetisie mik om landelike veiligheid te versterk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 25
  • 1 min read

'n Sonneblomkompetisie wat aanvanklik as ʼn landbou-inisiatief begin het, het vinnig aandag getrek en is nou ʼn veel groter projek wat daarop gemik is om landelike veiligheid te versterk.


Die sonneblomkompetisie is vroeër vanjaar deur boereverenigings op die Springbokvlakte in Limpopo van stapel gestuur, en tot dusver het 41 boere reeds 58 ha se sonneblomme ingeskryf.


Maroela Media berig die kompetisie word beoordeel op die opbrengs per hektaar, gemeet aan ʼn kombinasie van tonnemaat en olie-inhoud.


Volgens 'n voorsitter van een van die boereverenigings, Floris Booysen, word die inkomste uit die kompetisie direk aangewend om veiligheid in die gemeenskap te verbeter.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder volgens Booysen is die doel om onder meer ʼn patrolliebakkie aan te skaf en die res van die geld vir veiligheidskameras te gebruik.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Deelnemers skryf per hektaar in, waarna ʼn fasiliteerder toesig hou oor die stroopproses. Die sonneblomme word by ʼn landbouonderneming se silo’s afgelaai waar dit beoordeel word. Intussen deel boere kennis en praktyke met mekaar, wat help om ʼn waardevolle databasis op te bou oor doeltreffende bewerkingsmetodes. ʼn Onafhanklike waarnemer hanteer die oesmonsters om deursigtigheid te verseker.


Die kompetisie geniet reeds sterk steun van saadmaatskappye wat saam met ander borge finansiële bydraes lewer, asook insette, toerusting en pryse beskikbaar stel.


Booysen sê die inisiatief gaan nie net oor die beste oes nie, maar oor hoe boere self praktiese oplossings skep waar dit dringend nodig is.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page