'n Spaanse vrou wen 'n saak oor genadedood
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 27
- 1 min read
ʼn Jong vrou van Barcelona is deur genadedood oorlede ná ’n langdurige regstryd met haar pa.
Noelia Castillo is in 2022 deur 'n groep mans verkrag, en is daarna, ná 'n selfmoordpoging, verlam gelaat. The Guardian berig sy was permanent in pyn, in 'n rolstoel, en het gesukkel met haar geestesgesondheid.
Haar pogings tot genadedood is deur haar pa teengestaan, wat gesê het haar sielkundige toestand beteken sy kan nie behoorlik deurdagte besluite maak nie. Ná amper twee jaar is die proses uiteindelik deur die Europese Hof vir Menseregte bekragtig.
Haar dood is die eerste geval in Spanje waar ’n hof oor genadedood ingevolge die 2021-wet beslis het.
Sy het voor haar dood aan 'n plaaslike televisiestasie gesê sy wil net vreedsaam gaan en nie meer in pyn wees nie. Sy het gesê sy is moeg daarvoor dat mense oor haar lewe praat wanneer hulle niks daarvan weet nie.








Comments