'n Speaker moet pa staan vir 'n miljoene-rand se oorsese reis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 30
- 1 min read
'n Oorsese reis van byna R5,9 miljoen deur 'n afvaardiging na 'n vier dae lange toerismeskou in Venezuela het skerp kritiek uitgelok.
Volgens IOL het die speaker van die Gautengse wetgewer, Morakane Mosupyoe, die afvaardiging van 12 mense gelei.
Dokumente wat in die Gautengse wetgewer ter tafel gelê is, toon dat meer as R3,3 miljoen aan vlugte en sowat R900 000 aan verblyf bestee is.
Volgens die mosie het elke lid van die afvaardiging sowat R125 000 aan daaglikse toelaes ontvang – dieselfde bedrag wat iemand met 'n maandelikse salaris van R25 000 eers ná vyf maande sou verdien.
Die Demokratiese Alliansie sê die afvaardiging was groter as nodig en het min voordeel vir Gauteng se inwoners ingehou.
Die party het 'n mosie van afkeuring teen Mosupyoe ingedien en eis dat sy aanspreeklik gehou word.








Comments