top of page

'n Spesiale jong atleet pak sy eerste 10km marathon

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 26
  • 1 min read

'n Jong atleet van Ficksburg in die Vrystaat was sewe jaar oud toe hy op die teatertafel gelê het, vir 'n operasie vir Moebius-sindroom (oftewel gesigsverlamming) en webbe tussen sy vingers.


Nou, op 21, gaan Realeboha Matia die 10km Mimosa Mall Marathon aandurf.


Nova News berig die Smile Foundation het in 2012 sy rekonstruktiewe operasies gefasiliteer, wat sy fisiese funksionering verbeter het. Dit het ook sy selfvertroue 'n hupstoot gegee.


Matia se doelwit is om te bewys dat sy reis nie op die operasietafel geëindig het nie. Hy wil ook bewustheid skep oor Moebius-sindroom, en toegang tot rekonstruktiewe chirurgie vir kinders uitlig.


Realeboha Matia as kind. FOTO: Facebook
Realeboha Matia as kind. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page