top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Staatsdepartement loop moontlik deur onder kuberkrakers

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 2
  • 1 min read

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, en die direkteur-generaal, Sifiso Mdakane, is na bewering gewaarsku oor ‘n moontlike kuberaanval nadat sensitiewe kommunikasie tussen hulle op sosiale media opgeduik het.


Sunday Times berig dat senior amptenare in die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur hul eie politieke en administratiewe hoofde onder toesig geplaas het te midde van ‘n klopjag teen korrupsie. Regeringsbronne beweer dat die toesig moontlik staatsintelligensie-operateurs betrek het.


Die Staatsveiligheidsagentskap is nou versoek om ‘n amptelike ondersoek na die beweerde kuberkrakery te doen, terwyl die departement voortgaan met pogings om korrupsie uit te roei.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page