‘n Stormloop by die EFF se Jeugdagvieringe laat ses mense beseer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 17
- 1 min read
Ses mense is beseer tydens ’n stormloop by die EFF se Jeugdagvieringe in Tshwane.
Volgens nooddienste het mense lank vir kos gewag en ongeduldig geraak toe dit uiteindelik uitgedeel is, wat tot gestamp en gestoot gelei het.
Die assistenthoof van Tshwane-nooddienste, Valentine Matlala, sê vyf mense is aanvanklik op die toneel behandel voordat hulle na die Steve Biko Akademiese Hospitaal vervoer is.
’n Sesde persoon is later gevind en ook vir verdere behandeling hospitaal toe geneem.








Comments