‘n Suid-Afrikaanse animasiefilm oortref verwagtinge
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 8
- 1 min read
‘n Animasiefilm genaamd David wat in Suid-Afrika vervaardig is, het een van die land se grootste suksesverhale in die bioskoop opgelewer.
Dit met meer as R1.3 miljard wat al wêreldwyd ingebring is.
Eyewitness News berig volgens filmmaker Phil Cunningham het die reaksie verwagting oortref.
Alhoewel David 'n geloofsgebaseerde storie is, beklemtoon Cunningham dat die film gemaak is om 'n veel groter gehoor te lok.
Rosestad-nuus het vroeër berig Cunningham sê Dawid is een van die mees inspirerende karakters in die menslike geskiedenis – ‘n kryger, digter, skaapwagter en koning.







Comments