top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Suid-Afrikaanse dokter maak mediese geskiedenis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

'n Suid-Afrikaanse dokter het mediese geskiedenis gemaak deur 'n baanbrekende operasie op 'n ongebore baba met 'n ernstige geboortedefek te lei.


Volgens Eyewitness News het dokter Michael Belfort, wat tans as hoof van Verloskunde en Ginekologie by die Texas Kinderhospitaal in Amerika werk, die prosedure uitgevoer op 'n baba uit die Verenigde Koninkryk wat met gastroschisis gediagnoseer is.


Die toestand veroorsaak dat 'n baba se ingewande buite die liggaam ontwikkel.


Belfort sê die operasie is die resultaat van byna tien jaar se navorsing en ontwikkeling en kan die tyd wat babas in intensiewe sorg deurbring, aansienlik verkort.


Hy glo Suid-Afrika beskik reeds oor die kundigheid en fasiliteite om die prosedure binne die volgende paar maande ook hier uit te voer.


Michael Belfort. FOTO: SMFM
Michael Belfort. FOTO: SMFM

 
 
 

Comments


bottom of page