top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Suid-Afrikaanse professor is die eerste vroue-sterrekundige vir die Britse koningshuis

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 13, 2025
1 min read

’n Suid-Afrikaans gebore professor het geskiedenis gemaak as die eerste vroue-sterrekundige wat in diens van die Britse koningshuis aangestel is. Landbouweekblad berig die titel as koninklike sterrekundige bestaan reeds 350 jaar. Dit is ook die eerste keer dat ’n vrou in dié gesogte pos aangestel is. Die Koninklike Astronomiese Vereniging het Michele Dougherty, wat in KwaZulu-Natal gebore en grootgeword het, as die nuwe koninklike sterrekundige aangewys. Sy sal dus as koning Charles III se amptelike adviseur oor die sterrekunde optree. Baie is bekend oor die koning se liefde vir plante, maar min oor sy belangstelling in die sterrekunde.

 
 
 

Comments


bottom of page