top of page

'n Suid-Afrikaner hou 'n nuwe Guinness-rekord

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 4, 2025
  • 1 min read

'n Bekende haarkapper van Pretoria het die Guinness-wêreldrekord vir die meeste haarsnitte onder water verbreek.


Ná meer as 10 maande se beplanning, duikopleiding en samewerking het André Green 31 onderwater-haarsnitte in 60 minute gedoen. Good Things Guy berig hy het in die proses ook geld vir die Abraham Kriel Bambanani-liefdadigheidsorganisasie ingesamel.


Vrywilligers wat hul hare laat sny het is almal gekwalifiseerde duikers.


Die vorige rekord was 27 snitte.


FOTO: Good Things Guy
FOTO: Good Things Guy

 
 
 

Comments


bottom of page