top of page

'n Suid-Afrikaner word ná 'n neo-Nazi-optog gedeporteer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 18
  • 1 min read

'n Suid-Afrikaanse man wat 'n neo-Nazi-optog in Australië bygewoon het, se visa is teruggetrek, en hy sal nou na Suid-Afrika gedeporteer word.


Die BBC berig Matthew Gruter, wat sedert 2022 in Australië woon, het vroeër vandeesmaand aan 'n anti-Joodse protes deelgeneem wat deur die National Socialist Network gereël is. Hy was een van ongeveer 60 mans in swart geklee, met baniere met die woorde "Abolish the Jewish Lobby".


Australië se minister van binnelandse sake, Tony Burke, sê Gruter se visa is op grond van karakter gekanselleer. Hy voeg by dié wat die optog bygewoon het, is nie patrioties nie.


Matthew Gruter. FOTO: BBC
Matthew Gruter. FOTO: BBC

Comments


bottom of page