'n Swanger vrou se man is dood ná 'n beweerde motorkaping
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 20
- 1 min read
’n Jong ma wat 19 weke swanger is, se man is op pad werk toe gekaap en vermoor. Marius Stander en sy vrou, Lizelle, het ook 'n agtjarige dogterjie.
Hy is vermoedelik waarskynlik met ’n voorwerp doodgeslaan.
Netwerk24 berig Stander het nie ná werk huis toe gekom nie, en daar is later vasgestel hy het nooit dié dag by die werk opgedaag nie.
Stander se ma, Sandra, sê op videomateriaal kan gesien word hoe sy voertuig in Vanderbijlpark in Gauteng tot stilstand kom en mense om die motor beweeg. Sy sê vier mans is in hegtenis geneem, wat glo aanvoer hulle het haar seun reeds dood in sy motor aangetref en dat hulle net die motor gevat het.
Volgens Netwerk24 kon die polisie se kaptein Tintswalo Sibeko nie verdere besonderhede bevestig nie, aangesien hy nie op daardie oomblik toegang tot die polisiestelsel gehad het nie.








Comments