top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Swembroekmodel se pa mag haar in die belastinghof verteenwoordig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 20
  • 1 min read

’n Behoorlik gemagtigde leek kan ’n belastingpligtige in verrigtinge in die belastinghof verteenwoordig.


Netwerk24 berig dié beslissing van die appèlhof in Bloemfontein kom nadat 'n swembroekmodel, Candice-Jean Poulter, deur haar pa, Gary van der Merwe, in die belastinghof verteenwoordig is. Van der Merwe is nie 'n regspraktisyn nie.


Die belastinghof het aanvanklik bevind dat Van der Merwe nie bevoeg is om in die hof te verskyn nie, maar ’n volbank van die hooggeregshof in Kaapstad het egter dié bevel tersyde gestel. Die hooggeregshof het beslis daar is geen regulasies wat bepaal ’n belastingbetaler se verteenwoordiger moet ’n regsgeleerde wees nie.


Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het egter nie saamgestem nie en hom tot die appèlhof gewend.


Die belastinghof is beveel om die saak opnuut aan te hoor en gelas die SAID moet die regskoste betaal.


Candice-Jean Poulter. FOTO: News24
Candice-Jean Poulter. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page