‘n Swemmer is dood ná ‘n haai-aanval in die Oos-Kaap

5 days ago
1 min read
Die Orient- en Eastern-strande is gesluit nadat ’n swemmer Dinsdagoggend in ’n haai-aanval in die Oos-Kaap dood is.
Volgens die Buffalo City-metro-munisipaliteit het die aanval by Orient-strand plaasgevind.
Strandgangers word aangeraai om uiters versigtig te wees en tot verdere kennisgewing uit die water by die betrokke strande te bly.
Die munisipaliteit se woordvoerder, Luzuko Buku, het sy meegevoel met die swemmer se familie en vriende betuig.
LUISTER HIER:
Luzuko Buku









Comments