'n Tegniese mediasessie oor die matriekuitslae is op die nippertjie gekanselleer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 13
- 1 min read
'n Tegniese mediasessie oor die 2025-matriekuitslae is op die nippertjie gekanselleer. Dié sessie van die Vrystaatse onderwysdepartement, wat Dinsdag sou plaasvind, sou mediaverteenwoordigers ’n tegniese uiteensetting van die provinsie se matriekuitslae gee.
Die woordvoerder van die departement, Howard Ndaba, het in 'n verklaring op sosiale media gesê die sessie is weens onvoorsiene omstandighede gekanselleer. Die verklaring lui voorts dat die media die geleentheid sal hê om die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, en die LUR vir onderwys, Julia Maboya, tydens die Well Done-geselligheid te sien.







Comments