‘n Tiener is in Iran tereggestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
’n Tiener is onder drie mans wat ná anti-regeringsbetogings in Iran tereggestel is.
BBC berig dit is die eerste teregstellings wat direk met die onlangse betogings verbind word.
Die tiener, Saleh Mohammadi – ‘n lid van Iran se nasionale stoeispan, en die ander twee mans is daarvan beskuldig dat hulle polisiebeamptes tydens die onrus doodgemaak het.
Die teregstellings het Donderdag in die noorde van die land plaasgevind nadat hul doodsvonnisse bekragtig is.
Die betogings, wat laat verlede jaar begin en vroeër vanjaar verskerp het, is met geweld onderdruk. Menseregtegroepe beweer duisende mense is oorlede.
Daar is ook bewerings dat die beskuldigdes onder dwang skuld beken het en nie ’n regverdige verhoor ontvang het nie.








Comments