top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Tiener is vas oor die verkoop van leeuwelpies

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 9
  • 1 min read

’n Tiener is onder drie mense wat in hegtenis geneem is nadat hulle glo probeer het om leeuwelpies in die Vrystaat te verkoop.


Free State World berig die verdagtes is betrap tydens ’n polisie-operasie nadat inligting ontvang is oor die onwettige verkoop van vier welpies teen sowat R100 000 elk.


Die Valke, saam met verskeie ander eenhede, het vinnig opgetree en die groep aangekeer.

Twee volwassenes het reeds in die Bothaville-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met oortredings van omgewingswetgewing.


Die welpies is intussen terugbesorg aan hul regmatige eienaar in Viljoenskroon nadat dit glo gesteel is.


Die tiener is na die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verwys, terwyl die ondersoek voortduur.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page