'n Tienerseun is aan verkragting skuldig bevind
- Ilde Roos
- Oct 9
- 1 min read
'n Tiener van Delportshoop in die Noord-Kaap is in die streekhof in Kimberley daaraan skuldig bevind dat hy ’n vyfjarige kleuter verkrag het, en is ’n vonnis van agt jaar opgelê.
Netwerk24 berig polisiewoordvoerder sers. Molefi Shemane sê die 15-jarige seun is ingevolge die Kinderwet tot vyf jaar verpligte aanhouding in ’n jeug-en-kindersorgsentrum gevonnis en sal daarna ook ’n verdere drie jaar tronkstraf uitdien.
Die tiener het in Desember verlede jaar die vyfjarige seuntjie in die badkamer van sy ouers se huis verkrag.
Toe die seuntjie na sy eie huis terugkeer, het sy tante opgemerk hy is ongemaklik, waarna hy vertel het wat gebeur het. Die voorval is onmiddellik by die polisie aangemeld, en die kleuter is na ’n hospitaal geneem vir ’n mediese ondersoek.
Die tiener is op 20 Desember in hegtenis geneem en ingevolge die Kinderwet vervolg.

Comments