top of page

'n Tienerseun publiseer sy derde boek oor sielkunde

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 14
  • 1 min read

'n Tienerseun van Christiana in Noordwes het aan The Guinness Book of World Records geskryf om te bevestig dat hy moontlik die jongste persoon nóg is wie se navorsing in ʼn erkende sielkundejoernaal gepubliseer is.


Die 16-jarige Handré Laubscher het reeds twee diplomas in sielkunde verwerf en is op pad om sy derde boek in sielkunde te publiseer. Hy is onlangs deur ʼn vooraanstaande sielkundejoernaal in die VSA genader om sy navorsing hieroor te publiseer.


Maroela Media berig Laubscher het geld ingesamel om die boeke te laat publiseer deur troufoto’s te neem, klas te gee, en webtuistes vir kliënte te ontwerp.


Hy sê hy wil wys dat ouderdom nie ʼn beperking is wanneer passie en doel saamwerk nie.


Handré Laubscher. FOTO: Maroela Media
Handré Laubscher. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page