top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Tienerseun wat glo by ’n kinderpornografienetwerk betrokke is, moet vir waarneming gaan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

’n Tienerseun wat van betrokkenheid by ’n gewelddadige internasionale kinderpornografienetwerk beskuldig word, moet vir 30 dae by die Valkenberg-psigiatriese hospitaal vir geesteswaarneming opgeneem word.


Maroela Media berig die 16-jarige het gister in die Malmesbury-landdroshof verskyn en moet op 5 Oktober weer in die hof verskyn.


Die tiener staan tereg op 15 aanklagte, onder meer seksuele gereedmaking van ’n kind, gedwonge seksuele aanranding, seksuele uitbuiting van ’n kind en verskeie aanklagte wat met kinderpornografie verband hou.


Hy is in Augustus in hegtenis geneem nadat die polisie inligting van die Amerikaanse FBI en die Amerikaanse nasionale sentrum vir vermiste en uitgebuite kinders opgevolg het.


Die hof het vroeër gelas dat die hofdokumente verseël word om die regte van die minderjarige beskuldigde, slagoffers en sy familie te beskerm.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page