'n Tradisionele geneesheer is skuldig aan verkragting
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 23
- 1 min read
'n Jong vrou van die Vrystaat is deur haar oom, wat 'n tradisionele geneesheer is, verkrag. Volgens polisiewoordvoerder adjudant-offissier Mmako Mophiring is Bafana Maboya tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Die 19-jarige vrou van Katlehong het haar oom in Qwaqwa besoek, wat haar gevra het om saam met hom te gaan om tradisionele medisyne vir 'n kliënt te gaan haal.
Met hul aankoms by die spreekkamer het die beskuldigde die slagoffer beveel om haar klere uit te trek en beweer daar is iets fout met haar liggaam. Toe sy die opdrag bevraagteken, het hy haar met geweld vasgehou en verkrag.
Hy het haar later weer probeer verkrag, maar die slagoffer het weerstand gebied en gedreig om hom by sy vrou aan te gee.
Maboya is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.








Comments