top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Tralie ontvang 'n eerbewys vir amateurradio

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 7
  • 1 min read

‘n Matriekleerling van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein het ‘n eerbewys van die Suid-Afrikaanse Radioliga (SARL) ontvang vir sy bydrae tot amateurradio.


BloemNuusExpress berig Rulhof van der Merwe is op die SARL se nasionale konfensie en jaarvergadering, wat van 1 tot 3 Mei in Gqeberha plaasgevind het, met die SARL se Jong Amateur-uitnemendheidseerbewys vereer.


Rulhof het ‘n suksesvolle amateurradionetwerk in die Suid-Kaap begin om plaaslik, maar ook wêreldwyd, te kommunikeer met ‘n klein tweerigting-radio. Hy het ook ‘n Echolink-netwerk in Bloemfontein vir plaaslike radio-amateurs begin.


Hy wil graag nuusbulletins, amateurradio-gesprekke en die uitsaai van interessante gebeurtenisse oor dele van die land en wêreldwyd uitsaai.


Die eerbewys is aan Rulhof toegeken vir sy aktiwiteite om die stokperdjie te bevorder. Hy het saam met die Bloemfontein-amateur-radioklub die Voortrekkers gehelp om hul kommunikasie-kentekens te verwerf en om die All-Star- draagbare node met Echolink in Bloemfontein op die lug te kry.


Die president van die Suid-Afrikaanse Amateur-radioliga, Nico van Rensburg, oorhandig die eerbewys aan Rulhof van der Merwe. FOTO: BloemNuusExpress
Die president van die Suid-Afrikaanse Amateur-radioliga, Nico van Rensburg, oorhandig die eerbewys aan Rulhof van der Merwe. FOTO: BloemNuusExpress

 
 
 

Comments


bottom of page