top of page

‘n Transitovoertuig se bestuurder fnuik vermeende rowers se planne

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 28
  • 1 min read

Terwyl swaargewapende transitorowers op hul losgebrand het, het die bestuurder van ‘n transitovoertuig op die N4 naby Majakaneng-dorp, Mooinooi, kop gehou om die rowers se planne te fnuik. Parys Gazette berig volgens ‘n polisiewoordvoerder het ‘n silwer Mercedes-Benz die transito-voertuig wat op pad na Rustenburg was, gestamp. Terwyl die insittendes van die Mercedes skote in die rigting van die transitovoertuig afgevuur het, het die transitovoertuigbestuurder daarin geslaag om van die pad af in die bosse in te ry tot by ’n myn in die omgewing, waar sekuriteitsbeamptes hulle te hulp gesnel het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die ondersoek duur voort.

 
 
 

Comments


bottom of page