'n Tuinwerker pleit hy het 'n oud-landdros van Bfn vermoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 23 hours ago
- 1 min read
Die tuinwerker wat daarvan beskuldig word dat hy 'n voormalige Vrystaat- en Griekwas-rugbyspeler en afgetrede landdros, Piet Bester, vermoor het, het in die hof in Bloemfontein skuldig gepleit.
Netwerk24 berig aanklagte van diefstal en dwarsboming van die gereg teen Jan Bangile Dael is teruggetrek, terwyl die aanklagte van moord, diefstal en dwarsboming van die gereg teen sy medebeskuldigde, Leticia Adams, laat vaar is.
Bester is op 11 Januarie verlede jaar op sy kleinhoewe naby Glen in die distrik Bloemfontein deur Dael vermoor.
Dael het in sy pleitverduideliking gesê hy het die afgelope 17 jaar vir Bester gewerk.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder dat Dael, Bester en Adams op die aand van die moord gekuier het.
LUISTER:
TRANSKRIPSIE:
’n Rusie oor ’n grassnyer het ontstaan, waarna Bester glo ’n neerhalende rasseterm gebruik het. Dael sê hy het die tuinvurk en ’n graaf gaan haal en Bester gesteek. Hy voeg by hy was kwaad oor die situasie en het verneder gevoel, terwyl hy ook onder die invloed van alkohol was. Hy sê hy aanvaar ten volle die gevolge van my optrede en pleit daarom skuldig. Hy voeg by hy het baie berou oor sy optrede en smeek om vergifnis en genade van die hof.
Dael sal na verwagting later vandeesweek gevonnis word.




Comments