Die moordverdagte op Piet Bester verskyn vir die eerste keer in die hof
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 4
- 1 min read
Die tuinwerker wat teregstaan weens die moord op Piet Bester, ’n voormalige Vrystaat- en Griekwas-rugbyspeler en afgetrede landdros, het sy eerste verskyning in ’n voorverhoor in die hooggeregshof in Bloemfontein gemaak.
Netwerk24 berig die verhoor van Jan Bangile Dael en sy medebeskuldigde, Letiscia Adams, is Woensdag in Adams se afwesigheid tot later in September uitgestel.
Die saak spruit uit die moord op 11 Januarie vanjaar op Bester op sy kleinhoewe naby Glen. Die twee staan tereg op ’n aanklag van moord, twee aanklagte van diefstal, asook twee aanklagte van dwarsboming van die gereg.
Die staat beweer dat die beskuldigdes te alle relevante tye opgetree het ter bevordering van ’n misdadige ooreenkoms om die misdaad van diefstal te pleeg en dat dié gemeenskaplike doel dwarsdeur die voorval van krag was.





Comments