‘n Tuks-finalejaarregstudent beklink oorwinning

’n Finalejaarregstudent aan die Universiteit van Pretoria is as die nuwe sekretaris van Tuks se Studenteraad aangewys. Dit ten spyte van ’n reeks valse aantygings en doelbewuste pogings om haar reputasie te skaad en sodoende haar verkiesingsveldtog van stryk te bring. Die onafhanklike verkiesingsmaatskappy Elections Management Consulting Agency of Africa (EMCA) het ’n ondersoek na die valse aantygings teen Euléne Bornman, óók ’n AfriForum Jeug-raadslid, van stapel gestuur en bevind dat die aantygings ongegrond is. AfriForum Jeug het op sosiale media gesê hulle is vol vertroue dat die Independent Monitoring Body, wat verseker dat die SR-verkiesing vry en regverdig geskied, ‘n ondersoek teen die individu wat die valse aantygings gemaak het, deursigtig en billik hanteer sal word.








Comments