‘n Twaalfde vroulike slagoffer is gevind

Die liggaam van nóg ’n vrou is Maandagoggend in Thembisa aan die Oos-Rand in Gauteng gevind. Die 23-jarige is die 12de liggaam van ’n vrou wat sedert Julie aan die Oos-Rand gevind is.
Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder brig. Brenda Muridili was die vrou glo op pad werk toe toe sy geskiet is. Die vrou is geïdentifiseer, maar haar familie moet nog van haar dood in kennis gestel word.
Muridili beklemtoon dat voorlopige ondersoeke daarop dui dat daar nog geen verband vasgestel kan word tussen dié voorval en die ander voorvalle waar vrouelyke gevind is nie.
Rosestad-nuus het vroeër berig van die 11de liggaam wat Sondag gevind is.
Intussen berig SABC News die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het polisiekantore in Ekurhuleni besoek.
Die afvaardiging het direk met beamptes wat verantwoordelik is vir die bystand en ondersteuning van slagoffers geskakel om die uitdagings wat hulle in die gesig staar, en die hulpbronne wat nodig is om doeltreffende en waardige dienste te lewer, beter te verstaan.








Comments