top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Tweede Guinness-rekord is in die sakkie vir Bloem

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Bloemfonteiners het twee keer die afgelope ruk 'n Guinness-wêreldrekord laat spat. In die nuutste poging het 'n aspirant-sirkusakrobaat 47 keer in 60 sekondes gesplit.


Netwerk24 berig die 12-jarige Chaz Wilson, ’n gr. 7-leerling aan die Primêre Skool Universitas, het in Oktober verlede jaar die wêreldrekordpoging voor in die skoolsaal aangedurf. Hy het onlangs amptelike bevestiging ontvang dat hy wel die nuwe wêreldrekordhouer in die manskategorie is.


Chaz vertel hy en sy niggie het video’s oor Guinness-wêreldrekordpogings gekyk, toe hy op 'n video afkom van Liberty Barros, wat in 2024 altesaam 42 keer in 60 sekondes gesplit het. Hy het besef dat hy dit waarskynlik ook sal kan vermag.


Chaz sê daar is baie administrasie rondom die wêreldrekordpoging, insluitend onafhanklike getuienis en ’n video-opname van die hele poging. Chaz sê hy is van nature baie soepel omdat hy akrobatiese dans as ’n sport doen, en hy is baie dankbaar en opgewonde dat hy dié rekord kon behaal.


Rosestad-nuus het vroeër berig ’n nuwe Guinness-wêreldrekord is by die Bloemskou opgestel met die grootste skenking van troeteldierkos binne 24 uur, toe 67 200 kg hondekos ingesamel is.


Chaz Wilson. FOTO: Facebook
Chaz Wilson. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page