top of page

‘n Tweede vragmotorbotsing op die R59 eis ‘n lewe

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 16, 2025
  • 1 min read

‘n Tweede vragmotorbotsing op die R59 het Woensdagoggend die lewe van nog ‘n persoon geëis, met ‘n tweede persoon wat kritiek beseer is. Parys Gazette berig die botsing het sowat 14km buite Vredefort in die rigting van Viljoenskroon gebeur. Twee vragmotors, waarvan een gasbottels vervoer het, was in die botsing betrokke en dit is nog onseker wat die oorsaak was. Die ongeluk volg na twee insittendes van ‘n vragmotor wat voerbale vervoer het Dinsdag oorlede is, na ‘n botsing met nog ‘n vragmotor. Die ongeluk het op die R59 wat deur Parys loop by die kruising van Van Coller- en Breëstraat plaasgevind. Die bestuurder van die ander vragmotor is nie beseer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page