top of page

‘n Tweejarige Bloemfonteinertjie is oorlede na sy in die swembad beland

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 5
  • 1 min read

‘n Tweejarige Bloemfonteinse dogtertjie is in die hospitaal oorlede nadat sy in ‘n swembad beland het. Netwerk24 berig klein Milé Wasserman het in haar kamer gespeel terwyl haar ma, Renschia, besig was om skoon te maak. ‘n Kort rukkie later het haar ma na haar gesoek en in die swembad gevind. Milé is na die hospitaal gejaag en volgens haar tannie, Leola Bester, het 'n persoon met noodhulpopleiding op pad KPR op die meisie toegepas. Sy is omtrent ‘n uur na haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Volgens Bester was klein Milé ‘n sonskynkind en sy laat ‘n leemte wat nooit gevul kan word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page