‘n UVS-student is oorlede net voor haar gradeplegtigheid
- Saamgestel deur Jana Roos

- 17 minutes ago
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat het sy medelye betuig met die familie van 'n nagraadse student wat Vrydagmiddag op die Bloemfonteinse kampus oorlede is.
SABC-nuus berig die student sou haar graad ontvang het, maar het kort voor die gradeplegtigheid inmekaargesak. Die oorsaak van haar dood is nie bekend nie.
Haar medestudente het aan die einde van die seremonie 'n oomblik van stilte gehou.








Comments