‘n Uithou-vrou van Bloem is oppad Antartika toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 27
- 1 min read
‘n Sakevrou van Bloemfontein, Woutri Mugglestone, is hard aan die oefen vir die Ultra Ice-ultramarathon in Antartika.
Netwerk24 berig sy sal oor ‘n week of twee die Vrystaatse hitte vir die Antarktiese koue verruil om in een van die koudste en mees afgeleë wedlope ter wereld te gaan deelneem.
Die 50-jarige Mugglestone is die eniste vrou uit Suid-Afrika wat aan die ysige ultramarathon gaan deelneem en het vir die 50km-wedloop ingeskyf.
Sy oefen tans ‘n koelkamer waar die temperatuur sowat -30˚C is om haar op die ekstreme koue voor te berei.
Dit is Mugglestone se doom om die ekstreemste ultramarathon op elk van die sewe vastelande te hardloop.






Comments