top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n UV-dosent noem glo studente ape

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

'n Dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het na bewering na ’n groep eerstejaarstudente as ape verwys.


Netwerk24 berig die voorval het, volgens die UV, in ’n Inleiding tot Besigheidsfunksies-klas plaasgevind. ’n Student het die dosent gevra om harder te praat omdat die ander studente glo geraas gemaak het, waarop die dosent glo geantwoord het: “Probeer jy om vir ’n groep ape klas te gee.”


Die voorsitter van die UV se studenteraad, Ogorogile Moleme, het sê na dié voorval het verskeie studente ongemaklik gevoel en hulle het die lesinglokaal verlaat. Hy sê studente het Woensdagmiddag die voorval by hom aangemeld.


Die UV het in ’n verklaring gesê die universiteit het geen verdraagsaamheid vir rassisme nie. Die UV hanteer die kwessie met erns en is besig om die voorval te ondersoek.


Die betrokke dosent se naam is nie genoem nie.


Ter illustrasie. FOTO: UV
Ter illustrasie. FOTO: UV

 
 
 

Comments


bottom of page