‘n UV-dosent word vir haar uitnemende bydrae vereer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 21
- 1 min read
’n Dosent van die Universiteit van die Vrystaat is vereer vir haar uitnemende bydrae tot onderrig en leer in gesondheidswetenskappe.
Volgens die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het Roné Vorster-de Wet die Khothatsa-toekenning vir mees inspirerende dosent ontvang.
Sy is ’n senior lektor in fisiologie in die Departement Basiese Mediese Wetenskappe en het oor die afgelope 28 jaar honderde voor- en nagraadse studente opgelei.
Haar fokus is om studente te bemagtig om selfvertroue te ontwikkel en hul akademiese potensiaal te bereik.
Vorster-de Wet se betrokkenheid strek ook tot navorsing oor gesondheidsberoepe-onderwys, met spesifieke klem op selfgerigte leer en studentemotivering.
Haar jongste werk oor hoe dosente studente se onafhanklikheid kan bevorder, is onlangs vir publikasie aanvaar.








Comments