top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Vals boodskap oor ’n liggaam in Hospitaalpark doen die rondte

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
1 day ago
1 min read

’n WhatsApp-boodskap wat beweer dat ’n vrou se liggaam in ’n oop veld in Hospitaalpark, Bloemfontein, gevind is, is vals.


Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, is geen voorval van dié aard by die polisie aangemeld of aangeteken nie.


Die boodskap beweer ook dat die voorval moontlik verband hou met die sake van vroue wat in Kempton Park en ander dele van Ekurhuleni dood gevind is. Die polisie sê daar is ook geen grond vir so ’n verband nie.


Earle doen ’n beroep op mense om nie onbevestigde inligting op WhatsApp of sosiale media te versprei nie, aangesien dit onnodige vrees en paniek kan veroorsaak.


Sy moedig vroue steeds aan om versigtig te wees, veral wanneer hulle alleen in afgesonderde gebiede beweeg.


Mense word ook aangeraai om hul omgewing dop te hou wanneer hulle tuis kom en seker te maak deure en veiligheidshekke word onmiddellik gesluit.


Ter illustrasie. FOTO: DPV-Watch
Ter illustrasie. FOTO: DPV-Watch

 
 
 

Comments


bottom of page