top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Verdagte in die moord van ‘n Bloemfonteinse-busbestuurder word gesoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 25, 2024
1 min read

Die Botshabelo polisie, Bloemfontein, vra die gemeenskap se hulp om die verdagte, wat ’n busbestuurder by Botshabelo, Afdeling G, doodgeskiet het, op te spoor. Lebohang Ntuli is glo deur ‘n man met vuurwapen genader nadat hy by sy huis aangekom het. Hy het probeer weghardloop nadat die verdagte op hom begin skiet het, maar sy aanvaller het hom agternagesit en ‘n paar huise verder noodlottig gewond. ’n Saak van moord word deur Botshabelo-speurders ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.  Anonieme wenke kan op die MySAPS App ingedien word.

 
 
 

Comments


bottom of page