'n Verdagte is aangekeer wat 'n beseerde man in 'n drom vervoer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 23
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat het ‘n verdagte in hegtenis geneem nadat hy betrap is terwyl hy ‘n beseerde man in ‘n vullisdrom na ‘n huis in in Bohlokong vervoer het.
Volgens die polisie het die man in die vullisdrom hewig gebloei. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die verdagte en die slagoffer oor ‘n selfoon, wat die verdagte na bewering geneem en verkoop het, gestry het.
Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die verdagte was na bewering besig om die beseerde slagoffer na die koper se huis in Bohlokong te neem toe die polisie ingryp.
'n Ambulans is ontbied, maar die slagoffer is dood voor hy na 'n hospitaal vervoer kon word.
LUISTER:





Comments