'n Verdagte is in die Vrystaat vir moord in hegtenis geneem
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 22
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat het ‘n 32-jarige verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op Teboho Tsotetsi in Mafube.
Central News berig die polisie het verlede week gereageer op ‘n berig van ‘n liggaam wat in die straat lê.
Ná ‘n deeglike ondersoek het die polisie inligting ontvang oor die verdagte se plek van verblyf. Die verdagte is Dinsdagaand by sy woning in Phomolong-seksie in hegtenis geneem.
Die verdagte sal binnekort in die Mafube-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.






Comments